Sunday, July 18, 2010

Vergewe en vergeet...

Soos jy sê dit het gebeur dit is verby
tog is ek die een wat seerkry.
Alleen moes ek opstaan uit die bitter alleenheid waarin ek was,
al wat ek toe vir jou was is ‘n groot, irriterende las.
Jy het my laat lê en in alleen gelaat op die oomblik wat ek jou die meeste nodig gehad het
maar weer sê jy dit het gebeur dit is verby –
ek moet ophou terug kyk en by jou bly.

Vergewe en vergeet is die woorde wat om my hart vou.
Vergewe en vergeet wil ek die woorde vertrou?
Vergeet en vergewe jy is in my hart so diep gekerf.
Vergewe en vergeet my liefde vir jou is besig om uit te sterf…

1 comment:

  1. *As jy liefde verloor, verloor jy soms jouself. As jy jouself vind, verloor jy dalk die idee van liefde.

    ReplyDelete