Tuesday, July 13, 2010

Vandag is my verlang dag...

Vandag is my verlang dag.
Ek verlang na my kinderlewe se sorgsame bestaan.
Ek verlang na die vry wees van kind, sonder dat mense jou oordeel. Ek verlang na die onbewustheid van my kinderjare wat nou verdwyn het soos mis voor die son.
Ek verlang na die kommerlose aande wat ek sonder spanning kon gaan slaap.
Ek verlang na kersfees en verjaarsdae uit die oogpunt van kindwees.
Ek verlang na krieket speel in die straat en in die tuin kamp.
Ek verlang na die dae wat ‘n draai roomys nog spesiaal was en The Lion King nog ons ultimate gunsteling fliek was.
Ek verlang na vrydae aande se kaart en bordspeletjies.
Ek verlang na Sinbad, Moomin en Heidi.
Ek verlang na die andersheid van die lewe waar mense mekaar met respek behandel het, wanneer geld nie probleme veroorsaak het nie, waar regverdigheid die fokus was, waar daar nie vrese was vir aardverwarming nie en wanneer tegnologie nie ons lewens beheer het nie.
Maar meestal verlang ek na jou. Jy wat vir ‘n paar sekondes my lewe verander het. Jy wat nou niks meer beteken nie, maar die merk van seerkry gekerf het in my hart.

1 comment:

  1. *Soms, net soms neem verlange mens se hart oor en dan is daar niks wat mens kan doen sonder om net die goeie van die tye saam raak te sien nie...

    ReplyDelete