Monday, July 12, 2010

Rondomtalie

As die lewe met jou rondomtalie speel
Probeer jy stilbly met jou lippe geseël
Sodra jou lippe oor iets wil praat
Is dit asof almal jou verlaat
Jy’t soveel seer en soveel pyn
Die son weier om oor jou kop te skyn
Vreemd genoeg bly jy soek na ‘n uitweg
Jy weet daar moet een wees
Selfs op so ‘n onmoontlike weg
Vriende maak jou seer
Jy wil so graag skree – ek’s ook teer
Maar al wat oor jou lippe vloei
Is jou hart se aanhoudende bloei
Niks woorde van mense kan beskryf
Hoe diep hulle woorde gekerf is in jou lyf
Stilte kom lê diep in jou hart
En jy weet jy moet dit vir altyd daar bewaar
Want sonder twyfel weet jy
Dat êrens in jou lewe – jy ook eendag sal kan sê
Ek
Is
Vry

1 comment:

  1. *Hierdie was die eerste ordentlike gedig wat ek geskryf het in standerd 8. Dit was 'n tyd in my lewe waar ek onseker en bang was vir die onbekende en net myself vertrou het. Ek het nooit maklik vir myself opgestaan en my sê gesê nie - dis toe die uitkoms van opgehoopte emosies in 'n tienermeisie se gedagtes...

    ReplyDelete