Ek sien jou; moeg vir baklei, energieloos, leeg en stukkend voor my sit.
My hart skiet vol pyn, want eintlik is jy steeds net kind.
Die lewe het jou verniel en vasgepen,
Sonder om jou ‘n kans te gee om te wen
Ek wil jou weereens vashou
Ek wil ons goeie tye saam vir lank behou
As ek kon sou ek wou,
As ek kon sou ek my lewe gee vir jou
Jou blou oë is moeg vir trane, lus vir lag,
Miskien om die donker in jou te versag.
Die seer van niks geluk laat jou versmoor in jou eie vel,
Tog hou ek aan om jou geluk se slapies af te tel.
Ek gee nie om wie of wat jy is,
Niemand mag hul in jou seerkry verlus.
Ek wil jou weereens vashou
Ek wil ons goeie tye saam vir altyd behou
As ek kon sou ek wou,
As ek kon sou ek my lewe gee vir jou
Jy bly my blou-oog vriendin
Wat nooit tyd laat versin.
Maar hier sit jy; leeggetap van als voor my
En ek kyk hulpeloos toe hoe jy ly
Dis asof ek in ‘n droom jou gewaar,
Uit ‘n derde oogpunt na jou staar.
Was dit dan die laaste keer wat ek jou moes groet?
Of kom ek jou tog weer tegemoet?
Ek wil jou weereens vashou
Ek wil ons goeie tye saam ‘n ewigheid behou.
As ek kon sou ek wou,
As ek kon sou ek my lewe gee vir jou….
*As een van mens se beste vriendinne bipolêre depressie het en daar is niks wat jy kan doen nie kom lê die hartseer en verdriet in jou eie hart. Al wat jy dan kan doen is om daar te wees en te hoop, hoop vir 'n beter dag en beter tye.
ReplyDelete