Daar is nou nie meer tyd vir terugdraai nie – dis heeltemal te laat. Ek het meer as genoeg tyd gehad om dit te doen. Weer haal ek die brief uit my Jeep top se sak. Dis al so gekreukel en vuil gevat. Ek vou dit oop en kyk na die netjiese maar half uitdagende handskrif.
Janneke. . .
Wat de dinges gaan met jou aan? Jy weier om my uit te los! Wat dink jy huh? Dat ek nie na myself kan kyk nie? Wel jy’s verkeerd – ek doen dit al lank! Net omdat ons eens op ‘n tyd vriende was, beteken nie dat jy enige reg het om in my lewe in te meng nie! Ons is al lankal nie meer vriende nie – ‘n hele maand omtrent?!?
Los my uit – jy irriteer my!
Luka
Hy het ‘n mooi handskrif vir ‘n seun – dit het ek al die eerste dag agtergekom toe hy vir my die wiskundeformule verduidelik het. Nie dat ek juis nou al die formule verstaan nie. Ek meen wie kan nou konsentreer as daardie groen-blou oë vir jou loer deur daai deurmekaar gekrapte kuif – wel nie ek nie!
Dit was lank terug, omtrent 6 maande. Als voel soos gister. . .
Eweskielik kry ek ‘n koue rilling – dis erg om te dink hoe baie eintlik in so ‘n kort tydperk kan gebeur. Ek meen ons was pelle – beste pelle, en nou? Net omdat ek probeer help het – dis nie maklik om jou Pa te verloor en dan nog skinderstories oor hoe jou pa dood is ook nog te hoor nie.
Dit het Luka ‘n ander mens gemaak. Of eerder kom ons stel dit so; alles waarin Luka belanggestel het, uitgeblink het en geniet het, het hy opgegee en vir almal wat hom liefgehad het, het hy weggestoot - selfs vir my en vir wat? Vir absoluut niks. . . Soos die keer waar hy op die rugby coach geskree het. Ek was opad na my scooter na hokkie oefening toe hy soos ‘n besetene geskree het en van die veld afgestorm het. Ek’t hom try roep, maar dit was te vergeefs.
Ek het ‘n hele paar keer dinge try regmaak maar nee; die nuwe stubborn Luka het my nie naby hom toegelaat nie.
Ons het absoluut alles saam gedoen, ja meisies was jaloers omdat ons ‘n vriendskap gehad het waarvan hulle net kan droom en nou is daai memories gone miskien vir altyd.. .
Ek sug en vou die brief stadig toe en druk dit terug in my sak. Ek haal my ipod uit my sak en sit op ons fave song – Klopjag se Skree; ek was eendag besig in my kamer toe Luka klop en ingestap kom – daar was iets in sy oë wat vir my dadelik vertel het dat iets gebeur het.
“Luka?”Hy het my nie in die oë gekyk nie, maar hy het probeer smile, die dimpeljies het vir ‘n sekond of twee verskyn – net so gou wat dit verskyn het, het dit weer verdwyn.
“Hey? Wat byt? Moenie sê jy het alweer jou Pa se grassnyer verkoop om kaartjies te kry vir een of ander show nie?!” Hy lag uit sy maag uit en sak neer op my vensterbank. Hy het ‘n paar maande daarvoor sy Pa se grassnyer verkoop om kaartjies te koop vir Fokofplisiekar se show. Dit was groot pret – natuurlik net tot na die show, want toe ons by die huis kom was ons in groot marakkas. . . Hy het gesug en na buite gestaar, nie dat hy veel kon sien nie want dit het heavy gereën, maar met Luka was enigeiets moontlik. “Janneke, ek moet vir ou iets vra.?” Ek het opgekyk (nogal van die einste wiskunde formule) en teen my kussing terug gelê.
“Wat’s dit?”
“Gaan maak eers vir ons koffie.” Hy het dit altyd gesê as hy nog nie reg is om oor iets te praat nie. Ekt opgestaan en gesê; “Nou kom dan! Ek gaan nie weer die koffie alleen maak nie vandag gaan jy vir ‘n slag help!” Hy help nooit om koffie te maak nie, hy krap gewoonlik net in die kombuis rond vir iets te ete – gewoonlik maar in die spens links in die hoek, hy weet goed waar my Ma al die koekies en sweeties wegsteek vir my klein sussie. Maar ek sleep hom elkgeval saam, dis beter as wat hy hier in my kamer sit. Ek gly by die trap reling af – soos ek altyd maak. Luka begin lag. Toe ek onder netjies op my voete land kyk ek vraend na hom.
“En nou?”
Hy gee nog ‘n laggie en loop stadig af teen die trappe met sy hande diep in sy jean-sakke ingedruk.
“Onthou jy daai eerste keer wat ek hier was?”
“Die dag wat jy my Afrikaanse boek moes leen vir die inhaal werk?”
“Jip, daai dag.”
“Ja, ek doen, maar wats so snaaks aan daai dag?”
“Onthou jy nie?”
“Um. . . Nee, nie regtig nie!.”
“Ek het die klokkie gelui en toe kom jy by die trap af gegly ,soos nou, en toe jy wou spring soos nou toe gly jou voet en jy val plat op jou neus, toe is dit nog so vol bloed en stuff! Jy het toe nog met ‘n sak gevriesde groente of iets rondgeloop teen jou neus om die swelling te verminder!” Hy lag weer hard en gooi sy kop agteroor. Dis een ding - Luka vergeet nie maklik nie. Ek bloos.
“Hey! Watchit! Ek jaag jou nou hier uit!”
Hy lag weer en loop reguit na die kombuis of eerder die spens.
“Is jou Ma hier?” vra hy van binne die spens af. “Nee, sy is na my Tannie en as die twee eers begin klets dan kry hul nie einde nie.” “Goed so.” sê hy, en kom met 2 pakke koekies en ‘n sak marshmallows uit die spens. Kom ons maak marshmallow shmores toe?”Ek lag, Luka is mal daaroor – hy wil dit altyd eet as hy hier is, hoekom het ek geen idee nie. “Hoe wil jy dit nogal so in die weer doen – of het jy nie agter gekom dat dit reën nie?” Hy begin te glimlag – daardie skelstoutwees glimlag. “No way! Ek gaan nie dat ons dit in my kamer doen nie! Hu-uh! Daars nie ‘n freaking manier nie!” “Komaan dit was laas pret!” “Ja maar onthou jy wat laas gebeur het? Jy het my duvet ‘n gat ingebrand!” Hy lag kliphard – “Ja en toe moes jy nog die duvet try toewerk en toe lyk dit net tien keer erger!” Ek lag, maar hap hom vinnig terug, “Ten minste het ek iets daaraan probeer doen!”.
Ek het ingegee, ons het toe maar op die vensterbank dit gesit en doen. “Nou moet jy jou kant bring Luka.”
Ek het nog ‘n marshmallow van die stokkie afgetrek en tussen twee koekies gesit. Die spiertjie in sy voorkop spring, ek ken daai spiertjie goed – Luka dink. Ek sien dit in sy oë ook. Hy kyk op en sê ewe nonchalant, “Dis niks, gee gou die vuurhoutjies aan die kers is dood.” Hy dwaal alweer van die punt af.
“Luka?”
“Die vuurhoutjies Janneke, seblief?”
“Nee.” Hy kyk my verbaas aan, my stem klink bietjie harsh wou dit nie so laat klink nie, maar lyk my hy verstaan dat hy nou moet praat of hy kry nie nog ‘n shmore nie.
“Okay,Okay dis net dat ek en Reana weer baklei het en ek wil nie hê dit moes gebeur het nie, maar sy verstaan net nie dat-“ Dat ek en jy net pelle is nie.” Maak ek die sin vir hom klaar. Dit het al soveel keer tevore gebeur, meisies is jaloers op my en Luka se goeie verhouding, en dis die een rede hoekom Luka nooit mag uitvind dat ek van hom hou nie.
“Wel ja, dink jy mense is suspicious oor ons?”Hy kyk my straight in die oë. Nou moet jy kop hou Janneke sê ek vir myself – as jy nou iets sê wat jy nie moet sê nie is alles die hele vriendskap ding heeltemal in sy maai in! “Moenie laf wees nie man! Wat is daar om oor suspicious te wees? Net omdat jy ons hele spens opeet beteken nie dat ek van jou hou nie! Jy moet jou nie staan en dom hou nie man! Dè, steek die kers aan, hier is vir ons altwee nog twee shmores oor!” Hy lag, hy lyk verlig, dis beter dink ek. “Ek wil vir jou ‘n song speel.” Sê ek en stap na die high-fi en sit Klopjag se CD in. “Watse song wil jy nou weer speel net nie daai ander een met-“ “Sjoes! Luister net!”
“Ons loop langs mekaar, maar ons loop verby mekaar. . .”
“Klopjag. . .”sê hy en lyk ernstig.
“Maar wie jy die liefste het maak jou die seerste. . .”
Hy bly na die kers staar “Dis waar” sê hy saggies.
“Luka?” Hy kyk op en kry ‘n baie ernstige uitdrukking op sy gesig. “Gaan jy my ooit seermaak Janneke?” Ek het begin lag en vir hom belowe ek sal nie, maar dat hy my ook nie mag seermaak nie. Ons het mekaar belowe – die song is ‘n teken daarvan.
Ek het begin huil, kom ek agter. My oë is papnat en my mascara tien teen een heeltemal gesmudge, maar ek gee nie om nie want ek gaan vir Luka help of hy wil of nie ek sal dit regkry. Ek MOET net. . . Ek haal my helmet onder die scooter se sitplek uit en sit dit op. Ek stoot die scooter saggies tot in die straat en start dit. Dis ‘n hele entjie se ry na Luka se huis, maar ek is vasbeslote. Ek ry in die bitterkoue ek voel die nattigheid teen my wange, ek weet nie of dit van die koue of trane is nie, maar ry sal ek ry. . .
Die korste pad om by Luka uitekom is om die robot pad te ry en nogals scary ook, maar as dit is wat dit kos dan doen ek dit...
Ek dog ek gaan vries – dit was so koud, en slim ek ry mos sonder handskoene!
“Nog net oor die stopstraat en link by die tweede straat.”
Die groot huis se stoeplig brand, Luka se kamer s’n ook. . .
Ek sug en stap na die voordeur voor my moed my begewe.
“Dingh...Dongh...”
Miskien is dit te hard – ek sal eerder môre terugkom, net nou maak ek die bure wakker. Voor ek my mind kon opmaak gaan die voordeur op ‘n skrefie oop en Martha kyk my met groot swart oë aan. Ek konnie help om te glimlag nie, sy lyk anders in haar pienk kamerjas en krullers in haar hare.
“Hello Martha! Kan ek maar gou inkom? Ek moet met Luka praat?” sy staan met arm gevou en hou my agterdogtig dop.
“Ai jai jai. . . Jy moet vennig maak jong! Ek maggie jou laat inlaat! Luka hy sê hy gaan kwaad wees met my omdat ek dit doen!”
“Ag asseblief Marthatjie? Groot seblief – dis baie dringend!”
“Vennig spring! 5 minutes nonnatjie!”
“Thanx Martha – ek skuld jou!” ek glip by die voordeur in, warm teen die koue en spring die trappe twee twee uit.
Voor Luka se deur gaan ek staan vasberade om die stryd tussen ons te begrawe, ek druk my oor teen die deur – stilte... sonder om te klop maak ek die deur oop. My kop word lig, my bene lam, dit voel asof iemand my met ‘n bak yswater gooi – want dit wat ek voor my sien laat my hart ophou klop...
Na al my moed, my hoop om weer vriende met Luka te wees is nou net ‘n betekenisvolle herinnering wat vir altyd in my hart sal wees.
*In standerd nege het ek my eerste kortverhaal geskryf, by 'n skryfskool wat aangebied was in my dorp. Hierdie was die eindresultaat daarvan. Dit is ook die kortverhaal wat die Blog se naam geinspireer het. Juis omdat alle gedigte, verhale en denke betekenisvolle herinneringe is.
ReplyDelete