As die wolke om die berge vou
verlang ek na jou oë so mistig blou
Daar is geen keer vir die son wat jou glimlag bring
Dis asof my hart van harthuppelende sielsvrede sing
Sonder twyfel, sonder vrees
kom wys jy my wat ware geluk kan wees
Sonder twyfel gee jy my
wat ek myself sover nog altyd beny
Daar is iets van vrede in jou menswees,
wat ver strek wat jy in my oë van dag een af kon lees.
Dis asof jou siel my hart kom vashou
al was dit stukkend, gekneus en rou.
Jy het met 'n karakter van deernis en verstaan
My eweskielik nie meer alleen laat staan.
Sonder twyfel maak jy my bewus van die gelukkige eenvoud van die lewe
en gee my kan om van my hart te verwyder - dit wat bewe
Sonder twyfel gee jy my die eenvoud en gawe van verstaan
en laat my my sielsvredend op geluk staan.
Wednesday, May 7, 2014
Voetpad
Dis 'n wankelrige voetpad waarop ek loop
langs die voetpad is drome lankal reeds gestroop
Ek sien die pad voor my wink
en ek kan nie anders as om te voel hoe my hart stadig maar seker in hartseer sink
want vreugde van gister is verlate in die veld gelaat
en die eenvoud van liefde is iets waar nie een van ons meer ken - heeltemal te laat....

Skerwe
Dis 'n koue koppie koffie op die stoep waar rondom v136al die stukke van my hart
Want jy't dit wat was kom uithaal - aales van hartseer tot smart.
Dis koud en stil en onbegryplik hol
Dis reën en angs en 'n groot onbekende kol
Die trane val soos druppels soos die koppie teen die mure spat
en my hart krimp saam en ek probeer tevergeefs my gevoelens terugvat.
Ek is eensaam en alleen en verdrink in hierdie onbekende angs van seer,
ek wil hardloop, ek wil skuil, ek wil die stukkend probeer afweer..
Maar die koppie is gebreek - en so my hart
want al wat ek was is 'n koue koppie koffie omvou met reëndruppels van smart.

Sunday, January 19, 2014
Ongewillig
Ongewillig word my hart toegevou in woorde wat geen waarde dra
Want deur vreemde leemtes het my hart aanhou glo in wat môre sal inhou.
Die hart wou juis aanhou glo in elke positewe bydrae
want sien aanhou gee beteken daar is geen opregte berou
Ongewillig kyk my oë verby dit wat regtig is
Want die hart bly glo in dit wat die kop lankal wil uitwis
Die oë wil raaksien wat die hart nie wil wys
En soms, ja soms, die hart probeer verkeerd bewys
Ongewillig luister my siel na die onopgesmukte woorde van waansin
Want alle harte wil aanhou glo, alle oë wil sien en elke siel wil glo dat daar meer aan liefde is as bloot onsin.
10 Oktober '13

Thursday, August 15, 2013
Die onvermoë
Die onvermoë van gister spoel weer stadig oor my hart se
rand
Want dit wat ek gister wou vergeet het ek vandag weer onthou
Dat dit wat jy altyd was steeds deel is van jou bestand
En dat ek steeds jou hart se leë belofte tussen my vingers
toevou
Huppelend hardloop my hart om die leuens wat oor jou lippe
spoel
Want wie gee om wat wie ook al dink – as jy die lewe in jou
handpalm het?
Eers as die leuens opraak (en my hart moeg) kan ek werklik
sien wat jou siel bedoel
Miskien omdat my oë my toelaat om te sien wat my hart my wou
belet.
21 Februarie 2011
Woorde van die hart
Miljoene vrae hardloop deur my gedagtes
Ek is opsoek na slegs een antwoord
Miskien voel ek dat my eie antwoorde verdagt is
My siel pleeg moord
Want my hart vind dit moeilik om op te hou bloei
Woorde van seerkry is geskryf in bloed
Dis asof ek myself nie wil bemoei
Want jy is steeds in my gedagtes so bitterliksoet
Ek vra nie vir jou om terug te kom nie
Alleen wil ek weet waarom jy my gekies het
Ek soek nie ‘n verskoning nie
Of miskien was ek net te naief om op te let
Dat dit wat ek in jou oe gewaar
Slegs seerkry en
verdriet weerspieel
Tog bly ek intens na jou oe staar
En laat jou toe om my onophoudelik te verniel
Ek gee nie meer om nie ek wil jou net sien
Miskien stop dit die seer wat in my hart vloei
Waarom bly jy steeds nog anoniem?
Waarom hou my hart nie op met bloei?
Is dit dalk iets wat ek verdien?
of sommer net jy wat my hart se taal nie kan sien?
Omdat ek kan...
Net omdat ek kan omvou my gedagtes jou
Miskien net omdat ek jou juis so beter kan onthou
Net omdat ek kan vorm jy deel van my hart
Omdat my hart weet dit kan nie funksioneer sonder jou as ‘n
part
Net omdat ek kan onthou ek jou oë wat andersheid weerspieël
het
Sodat my siel kan oorloop van alles wat ek voorheen myself
verbied het
Net omdat ek kan vind ek vrede in jou woorde
Al laat ek dit rym met my eie vals akkoorde
Net omdat ek kan spel ek my gevoelens uit vir jou
Net sodat jou gedagtes dalk net myne kan omvou…
19 Maart 2010
Subscribe to:
Posts (Atom)