Ek wou gaan inklim in die hoeke van jou hart en my vuiste slaan teen die mure-wand
om jou te vra waarheen is ons oppad.
Ek wou gaan soek waar die onsekerheid in donker kamers van jou hart weggesteek is
en vrede maak met al die tye reeds verwkis.
Ek wou gaan kennis maak met geluk waar jy dit so onopgesmuk in die gange van jou hart se mure ophang
en vir myself verseker dat dit hier is waarna ek verlang.
Ek wou vir oulaas jou hart om myne sien huppel
om die vreugde-eenvoud van wat ons is te verdubbel.
Maar jou hart bly steeds tevergeefs toegesluit agter slot en grendel
en los my alleen staan; verwoes, verlore, breekbaar en flou gependel.
No comments:
Post a Comment