Die onvermoë van gister spoel weer stadig oor my hart se
rand
Want dit wat ek gister wou vergeet het ek vandag weer onthou
Dat dit wat jy altyd was steeds deel is van jou bestand
En dat ek steeds jou hart se leë belofte tussen my vingers
toevou
Huppelend hardloop my hart om die leuens wat oor jou lippe
spoel
Want wie gee om wat wie ook al dink – as jy die lewe in jou
handpalm het?
Eers as die leuens opraak (en my hart moeg) kan ek werklik
sien wat jou siel bedoel
Miskien omdat my oë my toelaat om te sien wat my hart my wou
belet.
21 Februarie 2011
No comments:
Post a Comment