Miljoene vrae hardloop deur my gedagtes
Ek is opsoek na slegs een antwoord
Miskien voel ek dat my eie antwoorde verdagt is
My siel pleeg moord
Want my hart vind dit moeilik om op te hou bloei
Woorde van seerkry is geskryf in bloed
Dis asof ek myself nie wil bemoei
Want jy is steeds in my gedagtes so bitterliksoet
Ek vra nie vir jou om terug te kom nie
Alleen wil ek weet waarom jy my gekies het
Ek soek nie ‘n verskoning nie
Of miskien was ek net te naief om op te let
Dat dit wat ek in jou oe gewaar
Slegs seerkry en
verdriet weerspieel
Tog bly ek intens na jou oe staar
En laat jou toe om my onophoudelik te verniel
Ek gee nie meer om nie ek wil jou net sien
Miskien stop dit die seer wat in my hart vloei
Waarom bly jy steeds nog anoniem?
Waarom hou my hart nie op met bloei?
Is dit dalk iets wat ek verdien?
of sommer net jy wat my hart se taal nie kan sien?
No comments:
Post a Comment