Thursday, August 15, 2013

Die onvermoë

Die onvermoë van gister spoel weer stadig oor my hart se rand
Want dit wat ek gister wou vergeet het ek vandag weer onthou
Dat dit wat jy altyd was steeds deel is van jou bestand
En dat ek steeds jou hart se leë belofte tussen my vingers toevou

Huppelend hardloop my hart om die leuens wat oor jou lippe spoel
Want wie gee om wat wie ook al dink – as jy die lewe in jou handpalm het?
Eers as die leuens opraak (en my hart moeg) kan ek werklik sien wat jou siel bedoel
Miskien omdat my oë my toelaat om te sien wat my hart my wou belet.


21 Februarie 2011

Woorde van die hart

Miljoene vrae hardloop deur my gedagtes
Ek is opsoek na slegs een antwoord
Miskien voel ek dat my eie antwoorde verdagt is
My siel pleeg moord

Want my hart vind dit moeilik om op te hou bloei
Woorde van seerkry is geskryf in  bloed
Dis asof ek myself nie wil bemoei
Want jy is steeds in my gedagtes so bitterliksoet

Ek vra nie vir jou om terug te kom nie
Alleen wil ek weet waarom jy my gekies het
Ek soek nie ‘n verskoning nie
Of miskien was ek net te naief om op te let

Dat dit wat ek in jou oe gewaar
Slegs seerkry  en verdriet weerspieel
Tog bly ek intens na jou oe staar
En laat jou toe om my onophoudelik te verniel

Ek gee nie meer om nie ek wil jou net sien
Miskien stop dit die seer wat in my hart vloei
Waarom bly jy steeds nog anoniem?
Waarom hou my hart nie op met bloei?

Is dit dalk iets wat ek verdien?
of sommer net jy wat my hart se taal nie kan sien?


Omdat ek kan...

Net omdat ek kan omvou my gedagtes jou
Miskien net omdat ek jou juis so beter kan onthou

Net omdat ek kan vorm jy deel van my hart
Omdat my hart weet dit kan nie funksioneer sonder jou as ‘n part

Net omdat ek kan onthou ek jou oë wat andersheid weerspieël het
Sodat my siel kan oorloop van alles wat ek voorheen myself verbied het

Net omdat ek kan vind ek vrede in jou woorde
Al laat ek dit rym met my eie vals akkoorde

Net omdat ek kan spel ek my gevoelens uit vir jou
Net sodat jou gedagtes dalk net myne kan omvou…


19 Maart 2010

Legende van vergaan

Genadeloos is die vriendskap met my lewe
Weerloos is wat die lewe my bied
Sielloos is wat die lewe my laat

Gebede en trane na God bly onbeantwoord
Daar word dan gesê ons trane vang Hy vas
Tog is my lewe heeltemal op sy eie akkoord
En bly die trane rol op wange wat lankal reeds was

Die goeie word omvou deur die sleg
Alle herinneringe word uitgewis
Dis asof positief en negatief inmekaar in vleg
En die lewenstrein my laat weet ek het Hom gemis

Al wat nou agterbly is die onbekende
van gister se bestaan
dalk was God vir jou ‘n legende
maar vir my – die God wat toekyk hoe ek vergaan.


7 Julie 2010

Kom maak 'n draai in my hart

Kom maak 'n draai in my hart
en jy sal my kry, ingekrimp en in die hoekie sit ek en wag
vir beter tye, vir 'n beter dag.

Kom maak 'n draai in my hart
en jy sal sien dat jou afwesigheid my verwese gelaat het

kom maak 'n draai in my hart
en sien dat ek tog jou vriendin was
al het die ander gese, los hom hy is net 'n las

Kom maak 'n draai in my hart
en sien die trane oor my wange rol
want jou vriendskap was vir my meer as net 'n jol

Kom maak 'n draai in my hart
en voel die seer wat ek voel

Kom maak n draai in my hart
en jy sal my kry, ingekrimp en in 'n hoekie sit ek en wag
vir beter tye, 'n beter vriend en 'n beter dag....


16 April 09

Soeke na 'n wens

'n Soeke na 'n wens om 'n lewe te vervul 
Om iets te vind om te glo, om aan vas te hou
Om te raak aan die rand van vryheid en weer toegevou te word in die omsingelende wêreld van mensdom
Om die moed te vind om anders te wees as ander
Om genot te vind in die seerkry van ons daaglikse ervarings
Om seerkry te kan sien as 'n teken van versterking
Om iemand te vind wat se gedagtes met joune ontmoet
Om die vreemde gevoel van alleen in jou vuis toe te vou en dit in 'n vriend te verander
Om trane wat onbeskaamd oor jou wange rol op jou vingerpunte te voel en die werklikheid van uniekwees te ervaar
Om die seermaakwoorde as 'n teken van omgee te beskou
Om 'n verbode gevoel om te skakel in 'n lewenslange vriendskap
Om 'n melodie van die seermaakwoorde wat jy vir my së te vorm
en om vervuld te leef met opregte wense in jou hart...

10 November 2008