Onthou jy daardie eerste keer?
Toe jy onophoudelik my in jou oë vaskeer
My hart het gebons vir die taal wat jou oë met myne praat;
Sonder woorde het jou oë als gesê en my verstom gelaat
Skaam was jy en bang was ek,
Vir dit wat ons harte van oorloop maar net by ons oë uitlek
Want sien, dis meer gekompliseerd as wat jou oë vir my wys
Dis meer as wat jy en ek wil en meer word by beide vereis
Want die lewe bly nou maar eens ‘n onvoltooide fantasie
Waar hierdie sprokiesdroom van ons nie gou gaan waar word nie…
ek moes seker nie hierdie gedig gelees het terwyl ek na Lifehouse se liedjie From where you are luister nie..want nou moes ek die kleenex pakkie wat al 6 weke in my kas lê oopmaak..
ReplyDeleteDis baie mooi geskryf. Xxx