Ek wou gaan inklim in die hoeke van jou hart en my vuiste slaan teen die mure-wand
om jou te vra waarheen is ons oppad.
Ek wou gaan soek waar die onsekerheid in donker kamers van jou hart weggesteek is
en vrede maak met al die tye reeds verwkis.
Ek wou gaan kennis maak met geluk waar jy dit so onopgesmuk in die gange van jou hart se mure ophang
en vir myself verseker dat dit hier is waarna ek verlang.
Ek wou vir oulaas jou hart om myne sien huppel
om die vreugde-eenvoud van wat ons is te verdubbel.
Maar jou hart bly steeds tevergeefs toegesluit agter slot en grendel
en los my alleen staan; verwoes, verlore, breekbaar en flou gependel.
Wednesday, May 7, 2014
Onwillekeurig
Onwillekeurig vou die donkere gedagtes om my denke
en vat my terug na dinge van lank redds vergete.
Slegs 'n nou pad wat geen kans kan bied vir omdraai
en alles wat goed is uit my gedagtes uit waai.
Genadiglik word daar gepleit vir die denke om te verdwyn,
maar hoe dit wegvat as elke oomblik van seer steeds by my is - so fyn.
Waar is die keuse tussen donker en lig?
Hoe los jy jou hart so vol vrede en met dankbaarheid in die toekoms se sig?
Maak oop jou hart, maak oop jou denke
Gee jouself genoeg ruimte en vertroue as geskenke.
Wees bereid om te val, wees bereid om te leer
en jy kan die donker denke een vir een afweer.

Sonder twyfel...
As die wolke om die berge vou
verlang ek na jou oë so mistig blou
Daar is geen keer vir die son wat jou glimlag bring
Dis asof my hart van harthuppelende sielsvrede sing
Sonder twyfel, sonder vrees
kom wys jy my wat ware geluk kan wees
Sonder twyfel gee jy my
wat ek myself sover nog altyd beny
Daar is iets van vrede in jou menswees,
wat ver strek wat jy in my oë van dag een af kon lees.
Dis asof jou siel my hart kom vashou
al was dit stukkend, gekneus en rou.
Jy het met 'n karakter van deernis en verstaan
My eweskielik nie meer alleen laat staan.
Sonder twyfel maak jy my bewus van die gelukkige eenvoud van die lewe
en gee my kan om van my hart te verwyder - dit wat bewe
Sonder twyfel gee jy my die eenvoud en gawe van verstaan
en laat my my sielsvredend op geluk staan.

Voetpad
Dis 'n wankelrige voetpad waarop ek loop
langs die voetpad is drome lankal reeds gestroop
Ek sien die pad voor my wink
en ek kan nie anders as om te voel hoe my hart stadig maar seker in hartseer sink
want vreugde van gister is verlate in die veld gelaat
en die eenvoud van liefde is iets waar nie een van ons meer ken - heeltemal te laat....

Skerwe
Dis 'n koue koppie koffie op die stoep waar rondom v136al die stukke van my hart
Want jy't dit wat was kom uithaal - aales van hartseer tot smart.
Dis koud en stil en onbegryplik hol
Dis reën en angs en 'n groot onbekende kol
Die trane val soos druppels soos die koppie teen die mure spat
en my hart krimp saam en ek probeer tevergeefs my gevoelens terugvat.
Ek is eensaam en alleen en verdrink in hierdie onbekende angs van seer,
ek wil hardloop, ek wil skuil, ek wil die stukkend probeer afweer..
Maar die koppie is gebreek - en so my hart
want al wat ek was is 'n koue koppie koffie omvou met reëndruppels van smart.

Sunday, January 19, 2014
Ongewillig
Ongewillig word my hart toegevou in woorde wat geen waarde dra
Want deur vreemde leemtes het my hart aanhou glo in wat môre sal inhou.
Die hart wou juis aanhou glo in elke positewe bydrae
want sien aanhou gee beteken daar is geen opregte berou
Ongewillig kyk my oë verby dit wat regtig is
Want die hart bly glo in dit wat die kop lankal wil uitwis
Die oë wil raaksien wat die hart nie wil wys
En soms, ja soms, die hart probeer verkeerd bewys
Ongewillig luister my siel na die onopgesmukte woorde van waansin
Want alle harte wil aanhou glo, alle oë wil sien en elke siel wil glo dat daar meer aan liefde is as bloot onsin.
10 Oktober '13

Subscribe to:
Posts (Atom)