Thursday, August 12, 2010

Donker tonnel melodie...

Ek is uitgeput,
Leeggetap.
Iewers moet ek uit hierdie lewe van my ontsnap

Geen uitkoms is in sig,
Geen tonnel waarin die einde weerspieël die lig.
Dis donker en alleen
Slegs druppels van trane of die van die reën.

Waarheen nou is die vraag
Alles om my word net al hoe meer vaag
Dis dof en onherkenbaar
En tog wel verstaanbaar

Die wêreld van my is nie hoe ek dit ken
Ek is verward, en vasgepen.
Sonder ‘n kans om te sê hoe ek voel
Om my vervaag die betekenis van my doel

Ek weet nie meer wat is fiksie en wat is feit
Al wat ek voel is die alleenheid
Dis soos die son wat sak en die aarde verlate los
Die warmte daarvan wat agterbly is my stapelkos


Al die keuses voel soos dieselfde kringloop-pad
Elkeen laat my aan die waarheid vat
Steeds soek ek na dit wat saak maak
Want die wereld vertel dis ‘n uiterse onbelangrike saak.

Hoop is ‘n droom – miskien slegs vir my
Want elke keer as daar hoop is gly dit my verby
Vreemd genoeg bly ek hoop
En al wat my uitgestrekte hande ontvang is die hoop van wanhoop.

Daar is dus geen uitweg nie
Al wat dit is, is ‘n donker tonnel-melodie.

22 Junie 2010

Darrom gee ek oor...

By my voete lê my drome aan skerwe
Drome van lank gelede reeeds uitgesterwe

So lank terug het die liefde my verras met jou
Net sodat ek die pyn van toe om my hart omvou

Steeds stop dit nie die mal-oor-jou-gevoel as ek van jou hoor
Die man op my skouer fluister dat ek die rondte klaar verloor

Want as dit by liefde kom verskil wat jy voel en wat jy dink
En voel laat mens net verder in die liefde verdrink

Daarom gee ek oor aan dit wat goed is
Want liefde verraai denke en als wat sleg is word uitgewis

Daarom gee ek oor aan wat my gelukkig maak
Want nou voel dit of ek gevind het wat saakmaak

Daarom gee ek oor aan dit wat jy in my hart opwek
Want vir die eerste keer word die liefde werklik ontdek

Daarom laat ek toe dat jy tot in my siel in kyk
Want dis al hoe jy die ware ek kan bereik

11 Julie 2010